Local newsLocal sportNewsSchools

SHS wen die stryd teen Curro Nelspruit

SHS dring deur na die Mpumalanga eindstryd, wat na die skoolvakansie sal plaasvind.

Die Hoërskool Standerton eerste rugbyspan het kop omhoog gehou op 8 Junie, toe hulle Curro Nelspruit 39-20 geklop het.

Die span het om 11:00 op die SHS A-rugbyveld uitgedraf met die doel om hul plek in die Mpumalanga-eindstryd te verstewig en het vinnig vir die teenstanders gewys hulle bedoel besigheid.

Junior Khoza het vir die span se sukses gesorg toe hy die eerste drie gedruk het. Die SHS-span het volharding getoon in elke treë en kon nie vir lank terug gehou word nie.

Teen halftyd het die span reeds voorgeloop met ’n telling van 22-3.

Curro Nelspruit het pogings aangewend om die telling verby te steek en het in die tweede helfde opgetel, maar SHS het aanhou veg.

Met 21:44 speeltyd oor, was die veld geverf in neon geel, soos noodhulpdienste gestruikel het om by te hou met die menige beserings wat op die veld opgedoen was.

Hlalanenkosini Mtshali het die laaste drie van die wedsryd gedruk. SHS dring deur na die Mpumalanga eindstryd, wat na die skoolvakansie sal plaasvind.


Related Articles

Back to top button