Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Delmas stel nuwe rolbalkomitee bekend

Onder leiding van die nuwe raakvatters en vir die eerste keer in die geskiedenis bars dié klub behoorlik uit sy nate en kan hulle spog met ’n totaal van 53 lede - die meeste ooit in die geskiedenis van die klub.

Die Delmas Rolbalklub het onlangs ’n nuwe komitee verkies. Aan die stuur van sake staan Hanri Ehlers as die president van die klub.

Ernie Botha is die visie-president, Karin van Rensburg is die sekretaresse en Susan Uys die tesourier.

Dawie Bredenkamp sien na die klub se kompetisie- en ligasake om terwyl Reinhardt du Plessis na die spelers se belange omsien.

Hendrik Smit is in beheer van die perk en terrein en aan sy regerhand staan Fanie Dube.

Volgens Ehlers is die komitee diensbaar tot die klub en sy lede en is daar om te sorg dat die dag-tot-dag bestuur en onderhoud van die klub en terrein gedoen word en dat besluite wat geneem word in die beste belang van die lede is.

Onder leiding van die nuwe raakvatters en vir die eerste keer in die geskiedenis bars dié klub behoorlik uit sy nate en kan hulle spog met ’n totaal van 53 lede – die meeste ooit in die geskiedenis van die klub.

“Hieroor is ons baie dankbaar en ons sien uit na ’n blink toekoms vir die klub en sy lede,” het Ehlers laat hoor.

“Rolbal is ’n ongelooflike sport en ons waardeer elkeen wat deel is van die blou masjien.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button