Local newsNewsStreeknuus

Skenk ’n Bottel van Hoop

“Ons hoop met hierdie bottels is nie net om behoeftige kinders, gesinne, mense en instansies by te staan waar daar voedsel sou nodig wees nie, maar wil ons ook hoop bring in mense se lewens, veral in tye van nood.”

Met die winter wat besig is om sy kloue behóórlik in te slaan, word die behoefte vir ’n warm maaltyd al hoe groter.

Des te meer vir die minderbevoorregtes. Dit is die dryfveer agter die Delmas Solidaritieit Helpende Hand-tak se Bottel van Hoop projek.

Volgens Melissa Nel, Helpende Hand assistent streeksorganiseerder vir Mpumalanga en KwaZoeloe-Natal Noord, is die Bottel van Hoop ’n geregistreerde projek vir die Delmas-tak en hulle versoek bydraes om die las van honger op minderbevoorregtes te help verlig.

Die Bottel van Hoop word met basiese bestanddele gevul en kan vir tot sowat vyf mense van ’n warm ete voorsien.

“Bottels reeds gevul met die bestanddele is baie welkom,” het Leandri du Plooy, voorsitter van Delmas Solidariteit Helpende Hand-tak laat weet.

“Bestanddele en leë bottels is egter ook baie welkom.”

“Ons hoop met hierdie bottels is nie net om behoeftige kinders, gesinne, mense en instansies by te staan waar daar voedsel sou nodig wees nie, maar wil ons ook hoop bring in mense se lewens, veral in tye van nood.”

Vir bydraes of navrae omtrent die Bottel van Hoop-projek kontak Leandri by 076 887 7793.

Related Articles

 
Back to top button