Local newsNews

AfriForum rol moue op by SAVF op Standerton

Daar word ook beplan om die kombuis se dak te herstel en die nodige aankope is reeds gedoen sodat die werk eersdaags kan begin.

Die AfriForum-tak op Standerton het die SAVF-gemeenskapsentrum se plafon in Mei herstel nadat die sentrum se dakke in die vorige reënseisoen weens ongure weer beskadig is.

Volgens ’n persverklaring van 23 Mei, het dit veroorsaak dat ’n gedeelte van die plafon uitgeval het.

Die gesondheidsinspekteurs het die sentrum besoek en gewaarsku dat dit dringend herstel moet word anders sal die sentrum gesluit moet word.

Die bestuur van die sentrum het AfriForum om hulp genader. Volgens die burgerregte-organisasie, is aandag aan die plafon in die kombuis gegee.


LEES OOK: Lekwa leads Morgenzon operation


Die tak het met behulp van ’n kontrakteur die werk gedoen om die plafon te herstel.

Daar word ook beplan om die kombuis se dak te herstel en die nodige aankope is reeds gedoen sodat die werk eersdaags kan begin.

Wanneer die dak herstel is, sal die plafon nie weer skade gedurende onweer opdoen nie.

“Organisasies soos die SAVF doen ongelooflike werk vir die gemeenskap, daarom sal ons help waar ons kan om hul se deure oop te hou,” het Leon Enslin, takvoorsitter, gesê.

“Dis belangrik om die gebou in stand te hou vir die veiligheid van die personeel en inwoners.”

Related Articles

 
Back to top button