Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix Rugbyklub sit nog ’n tuisveld-oorwinning in die sak

“Ons span het 20 punte in die liga en beklee tans die eerste plek op die ranglys. Phoenix se spelers is vanjaar nie net fisies voorbereid nie, maar hul geestestoestand is ook goed.”

Delmas se Phoenix Rugbyklub het op 1 Junie teen die span van Vanderbijlpark op die veld van Hoërskool Delmas te staan gekom.

Afskop was om 15:30 en die wedstryd was as deel van die Valke Kestrelliga gespeel. Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix koning gekraai met ’n oorwinning van 31-5.

Volgens Phoenix se afrigter, Jandré Senekal, vaar die span van Phoenix sover baie goed in die liga.

“Ons span het 20 punte in die liga en beklee tans die eerste plek op die punteleer. Phoenix se spelers is vanjaar nie net fisies voorbereid nie, maar hul geestestoestand is ook goed.”


Rugbyaksie tussen die spanne van Phoenix en Vanderbijlpark tydens die Kestrel Liga.

Volgens Senekal was die pas-afgelope kragmeting met Vanderbijlpark ’n goeie wedstryd en het dit het die span van Phoenix net nog meer gemotiveerd gemaak.

“Ons span is sterk en ten spyte van ’n paar beserings en spelers wat siek is, stuit dit ons nie. Ons het genoeg sterk spelers om ons span vol te hou.”

Senekal het voorts gesê die span leer elke naweek uit hul foute en sal met ’n volgende wedstryd daarop verberter.


DK Mukendi van die Phoenix Rugbyklub gee die bal vir Francois Blignaut uit.

Phoenix het verder ook op 25 Mei teen die span van Edenvale gespeel.

“Ons het tydens hierdie wedstryd so bietjie gesukkel, maar was tog teen rustyd 12-7 voor. In die tweede helfte het die spelers vasgetrap en begin om uitstekende rugby te speel wat vir ’n eintelling van 26-7 gesorg het.”

“Die gees onder ons spelers is baie positief en ons sien uit daarna om teen van die sterker spanne op die veld te draf.”

Phoenix speel op 8 Junie teen die span van Oos-Rand Polisie en die wedstryd sal weer op die veld van Hoërskool Delmas beklink word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button