Local newsLocal sportNews

Gholfspelers wys hul staal by Tarentaal-reeks op Bethal

Budgers wen eerste toernooi van Tarentaal VI’s-reeks.

Bethal Gholfklub se jaarlikse Tarentaal VI’s-reeks het op 25 Mei afgeskop en die Budgers het die eerste toernooi van die reeks gewen en 100 punte aangeteken.

Die Poison-span het tweede geëindig met 70 punte, die Chicks & Stixs-span derde met 65 punte, die DC Chargers vierde met 60 punte en die Birdie Seekers vyfde met 55 punte.

Die Tarentaal VI’s-reeks sterk oor ses maande en elke maand vind ’n toernooi plaas.

Altesaam 16 spanne ding mee met prysgeld van R30 000 op die spel vir die wenspan en R15 000 vir die naaswenners.

Die volgende toernooi van die Tarentaal VI’s-reeks vind op 29 Junie plaas.


Related Articles

 
Back to top button