Local newsNews

Hervormde Kerk op Secunda hou basaar

Geniet sang en eetgoed op Evander.

Die Hervormde Kerk op Evander bied op 8 Junie ’n kerkbasaar aan. Dit skop om 10:00 af en sal duur tot 14:00.

Daar sal ’n wye verskeidenheid kossoorte wees om te koop wat kerrie en rys, poedings, vleis en pannekoek insluit asook ’n biertent.

Die plaaslike sanger, Henco du Toit gaan die basaargangers vermaak met sy sang.

Besoek dié kerk wat geleë is op die hoek van Bram Fischer en Bolognastrate.

Vir meer inligting, skakel Thea Potgieter by 082 823 2728.


Related Articles

Back to top button