Christie neem afskeid van die Bronkies Rolbalklub

Christie le Roux neem afskeid na 23 jaar wat hy saam met die lede van Bronkhorstspruit rolbal gespeel het.

Die Bronkhorstspruit Rolbalklub het op 18 Mei vir Christie le Roux totsiens gesê ná 23 jaar se lidmaatskap.

Dié tesourier van die klub en sy vrou, Estelle, verhuis na Pretoria. Die klub het Saterdag die afskeid gehou met ’n dag se sosiale rolbal en samesyn.

Elizabeth Kendal het namens die klub vir die Le Roux-egpaar alles van die beste vir die toekoms toegewens.

“Ons sal Christie se lojale ondersteuning en getroue diens as tesourier van die klub altyd onthou.”


Exit mobile version