Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Brandweer kuier by Dellies se landsdiens

Na afloop van die opleidingsessie en praktiese demonstrasie het daar sommer ’n hele klomp aspirant brandweermanne huiswaarts gekeer.

Die brandweerafdeling van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaiteit het op 10 Mei besoek aan Laerskool Delmas gebring.

Met die bloedrooi brandweerwa op die rugbyveld onder leiding van Tshepo Matlaghane en sy span is die jong leerders rondom die gevare van vuur ingelig. Die landsdieners het ook geleer hoe om op te tree as daar ’n brand in hul huise sou uitbreek.

Matlaghane het die jongklomp behoorlik gaande gehad met die vriendelike en insiggewende manier waarop hy hierdie belangrike inligting met hulle gedeel het.


Tshepo Matlaghane van VKLM se brandweerdienste lewer ’n demonstrasie aan Laerskool Delmas se landsdiensleerders.

Die hoogtepunt was egter toe daar ’n ‘brand’ op die rugbyveld ontstaan het en Matlaghane die brandweerwa in aksie gesit het om die vuur te blus.

Na afloop van die opleidingsessie en praktiese demonstrasie het daar ’n hele klomp aspirant brandweermanne huiswaarts gekeer.

Laerskool Delmas se landsdiensklub leier en organiseerdser, Marlizé van Wyk, het die brandweerafdeling van Delmas bedank vir die tyd en moeite wat hulle ingesit het om Dellies se landsdieners met die veiligheid rondom brande en vuur vetroud te maak.


Related Articles

 
Back to top button