Local newsNewsStreeknuus

Delmas se Hervormers hou Voetspoorfees

Oud en jonk het saamgekom om die pretaktiwiteite en tafels gelaai met tipiese basaar lekkernye te geniet.

Op die maat van die Ventertjies se boeremusiekklanke het die inwoners van Delmas ’n prettige Voetspoorfees gehou. Dié jaarlikse fees het op 25 Mei by die Hervormde Kerk op Delmas plaasgevind.

Menige het saamgekom om die pretaktiwiteite en tafels gelaai met tipiese basaar lekkernye te geniet. Vanjaar se stalletjies het weer alles van stroopsoet pannekoeke, kerrie-en-rys, gevulde tacos, vetkoeke, tuisgebak, nagereg en vele meer gebied.

Vir die kleingoed was daar motorfietsie-wedren,’n inkleurwedstryd, die meganiese bul en oud en jonk kon ook aan die laserskiet in die koeikamp deelneem.


TLC Kidz se “kidz” doen hul danspassies by die Hervormers se Voetspoorfees.

La Broderie se kwiltuitstalling met asemrowende kunswerke van materiaal het menige besoekers se harte warmer laat klop en hulle het vanjaar ook hul kwiltwinkel-op-wiele saamgebring waar kwilters na hartelus kon uitsoek en koop.

Die kleuterskole se immergewilde pom-poms het ook opgetree. Vanjaar het die na-skool leerders van TLC Kidz vermaak met ’n prag vertoning.

Die Voetspoorfees sou uiteraard nie dieselde wees sonder die dag se hoogtepunt, naamlik die toutrekkompetisie, nie.


Toutrek in aksie tydens die Hervormers van Delmas se Voetspoorfees.

Die Hervormers se vrouespan het teen die span van Delmas kragte gemeet en hier die Delmas-span gewen.

Die kragvertoning van die manne het die feesgangers nie teleurgestel nie en die span van Eldamah Bedieninge het met die louere weggestap.

“Hervormers Delmas is tops. Dankie vir ’n baie gesellige en suksesvolle Voetspoorfees. Dankie ook vir elkeen se harde werk en moeite en spesiale dank aan elkeen wat dit saam met ons geniet het en ons ondersteun het,” het die predikant van die Hervomde Kerk, doktor Martin van Rensburg, en die hoofouderling, Johan Snyman, laat hoor.


Related Articles

 
Back to top button