Local newsNewsStreeknuus

Barbarians for Christ besoek die mannekamp op Bronkies

“Die doel van die kamp is om self te versterk om meer mans in te trek. Die mans kom bymekaar om vir mekaar te bid.”

Die Warriors of Jesus het vanaf 24 tot 26 Mei ’n manne-konferensie by Little Forest net buite Bronkhorstspruit gehou.

Die tema van die konferensie was ‘Leer my (as skaap) om gehoorsaam te wees aan die Herder’.

’n Besoek van die Barbarians for Christ op 25 Mei was ’n hoogtepunt van die konferensie. Die Barbarians is ’n vrywilligersgroep wat met mag en krag die woord van die Here verkondig onder leiding van Tonie van der Westhuizen.

Die groep is in 2015 in Kemptonpark gestig en die lede is sterk mans wat kragtoertjies uitvoer terwyl hulle hul getuienisse verkondig.


Dié Barbarian tel ’n swaar gewig op.

Die Warriors of Jesus-mannegroep bestaan al vir agt jaar, en bied kampe elke drie maande aan.

Eugene van Zyl, kamporganiseerder, het gesê in dié agt jaar was daar al baie gebedsgenesings.

“Die doel van die kamp is om self te versterk om meer mans in te trek. Die mans kom bymekaar om vir mekaar te bid.”

Mans wat deel wil word van die Warriors of Jesus, kan vir Eugene van Zyl by 083 571 6357 kontak.


Related Articles

 
Back to top button