Local newsNews

Lynette deel stories van Kglagadi by Bethal VLU

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering op 11 Junie by te woon.

Vroue van die Bethal VLU-tak het op 21 Mei by die Bethal-Oos Kerk vergader waar Lynette Posthumus die vroue meer van die Kgalagadi vertel het.

Posthumus wat pas teruggekeer het van ’n vakansie by die Kgalagadi Oorgrenspark, het gesê die park is gevorm deur die Kalahari Gemsbokpark in Suid-Afrika wat aan Namibië grens en die Gemsbok National Park in Botswana.

“Die Nossoprivier vorm die grens tussen Suid-Afrika en Botswana. Die laaste keer wat daar water in die Nossoprivier gevloei het, was in 1963,” het Posthumus gesê.

Die Kgalagadi Oorgrenspark is die grootste nasionale park wêreldwyd en bestaan uit sowat 38 000 vierkante kilometer.


Van die VLU-vroue wat saam gekuier het is Hennie van Heerden, Lynette Posthumus en Susan Beeslaar.

“Kgalagadi beteken ‘plek van dors’ en reisigers na die Kgalagadi moet hulle eie water saamneem, want die water daar bevat soveel minerale dat dit ’n mens dit nie kan drink nie.”

Posthumus het gesê die kleiner diere in die park het haar die meeste vermaak, soos meerkatkleintjies wat in die sand rondrol en met mekaar speel en ’n ‘Scops’ uil wat sy van naderby kon aanskou en afneem.

Die Bethal VLU-tak se volgende vergadering is op 11 Junie om 09:30 by die Bethal-Oos Kerk en belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Posthumus by 072 203 6230.



LEES OOK: eMbalenhle Police nab notorious robber

LEES OOK: Ugandans appear in court in Secunda again

Related Articles

 
Back to top button