Local newsNews

Laerskool Goedehoop op Secunda spog met nuwe gimnasium

Leerders probeer nuwe rekgimnasium uit.

Laerskool Goedehoop het op 22 Mei amptelik hul nuwe Grip and Rip Rekgimnasium geopen en bekendgestel.

Die Graad Vier tot Sewe leerders kon die middag vir die eerste keer in dié gimnasium gaan oefen en die aand het die borge, hoofde van ander skole en ander die openingsgeleentheid bygewoon.

Leerders sal op kondisionering fokus tydens hul oefensessies by dié gimnasium.

Meeste van die toerusting is so gekies dat leerders hul eie liggaamsgewig moet gebruik terwyl hulle oefen.

Die fisioterapeut, Aldelize van Tonder, en biokinetikus, Narine Victor, gaan by die Goedehoop Rekgimnasium betrokke wees.


Related Articles

 
Back to top button