Local newsNews

Gedeelte van Standerton se begraafplaas in puin

Die oudste identifiseerbare graf gedatteer uit 1850, maar alle ander inligting op die steen is verweer verby die punt van herkenning.

Grafte sink in en doringbossies oorheers op Standerton begraafplaas waar hordes grafte van geliefdes in puin lê.
Dié begraafplaas is ryk in geskiedenis; met grafte wat selfs naastenby 200 jaar oud is.

Baie grafte is so oud, dat byskrifte byna onleesbaar is.

Die oudste identifiseerbare graf gedatteer uit 1850, maar alle ander inligting op die steen is verweer verby die punt van herkenning.

Talle onderskrifte op ouer grafte verskyn in Nederlands.

“Ter gedachtenis aan mijn dierbare echtgenoot en ons geliefde vader, de steun onzes huis is weggevallen” lees die graf van John A. Botha, afgesterf 8 Desember, 1920.

Aan die ander kant van die begraafplaas lê grafte versier met Royal Air Force-embleme.

Twee van dié grafte behoort aan oorlede vlieënier offisier SE Reeves (21) en lugwerktuigkundige H Norton (20) wat albei gesterf het op 16 Desember 1941 en tot rus gelê is in Standerton se begraafplaas.

Die oorledenes was lede van die 2de Lugmag Gymnasium wat gedurende die tweede wêreldoorlog buite Standerton gestasioneer was.

Grafte wat meer onlangs gelê is, word versorg deur geliefdes en familie.


Families en geliefdes versorg nogsteeds onlangse grafte.

“Dit is belangrik vir ons om ons oorlede geliefdes se grafte te beskerm en skoon te hou,” het André Kasselman gesê, wie al talle familielede tot rus gelê het in Standerton begraafplaas.

Niemand versorg die ouer grafte nie, want geliefdes het intussen verhuis of het self gesterf.

Die grafte lê dus vergete.

“Dit is ’n gemeenskap se verantwoordelikheid om hul erfenis te beskerm,” het Rudi Rossouw, ’n geskiedenis-foendie en kenner gesê.


Related Articles

 
Back to top button