Gestremde parkering by Delmas Polisie is nou weer sigbaar

“Ons het ons algemene werker aan die werk gesit met die geel verf wat AfriForum geskenk het. Die parkeerplekke is nou weer duidelik gemerk vir die gebruik van persone met gestremdhede.”

Die gemerkte parkering vir gestremdes by die Delmas polisiekantoor was lank nie meer sigbaar nie en dié polisiestasie het besluit dit op te knap.

“Ons het self twee gestremde lede wat by ons stasie werksaam is, maar ons kry ook soms lede van die publiek wat parkeerplek vir hulle spesifieke behoeftes benodig.

“Ongelukkig het die padmerke so verweer dat dit nie meer behoorlik sigbaar is nie,” het kaptein Carla Hartley, mediawoordvoerder vir Delmas SAPD Streeknuus meegedeel.

Volgens Hartley het die stasie toe vir Carel Botha, voorsitter van AfriForum Delmas-tak gekontak.


Geen parkering-area is weer duidelik sigbaar by die Delmas polisiestasie.

“Carel het ons meegedeel dat AfriForum geel padverf van ’n vorige projek oorgehad het en dat AfriForum dit beslis vir die doel sou skenk.”

“Ons het ons algemene werker, Moses Nkambule, aan die werk gesit met die geel verf wat deur AfriForum geskenk het. Die parkeerplekke is nou weer duidelik gemerk vir die gebruik van persone met gestremdhede.

“Ons kon boonop met die verf wat oorgebly het ook sommer die parkerings wat vir SAPD-lede gereserveer is weer duidelik merk,” het Hartley ook laat hoor.

Hartley het namens die stasiebevelvoerder van Delmas SAPD, kolonel Sipho Sithole, lede en ander personeel vir AfriForum op Delmas bedank vir hulle mooi gebaar.


Exit mobile version