Lede van Hoëveld Fotografieklub skryf beste fotos in

Die volgende byeenkoms is op 7 Junie om 18:00 vir 18:00 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 3 Mei vergader en hul beste foto’s vir die maandelikse kompetisie ingeskryf.

Dr Leon Pelser se foto, Broken Spirit, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling. Die voorgeskrewe onderwerp vir Mei was ‘Broken’ en dr Wouter Labuschagne was die beoordelaar vir die aand.

Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto, asook sy foto, Fatiema, in die pikturale afdeling, ontvang.

Danie Smit het die beste foto onder die senior fotograwe ingeskryf en ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Carmen the Gremlin in die fotojoernalistieke afdeling.

Smit het ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Tough Woman, ook in die fotojoernalistieke afdeling, ontvang.


Louis van der Walt het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto Black-Winged Kite FR 1 in die pikturale afdeling ontvang.

Hanlie de Beer se foto, Smiley Monkey, wat sy in die natuurafdeling ingeskryf het, was die beste onder die junior fotograwe en sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

De Beer het uitgeblink en ook sertifikate van meriete vir haar fotos, Zazu in die natuurvoëlsafdeling, en Lekker in die natuurafdeling, ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is Louis van der Walt vir sy fotos, Inyoka Stream 2 in die landskapafdeling en Black-Winged Kite FR 4 in die pikturale afdeling, Adri Kirsten vir haar foto, What a Try, in die fotojoernalistieke afdeling en Sussa Pelser vir haar foto, War Victim in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 7 Junie om 18:00 vir 18:00 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Danie Smit het die beste foto onder die senior fotograwe ingeskryf en ook ’n sertifikaat van meriete ontvang vir sy foto, Carmen the Gremlin in die fotojoernalistieke afdeling.

Hanlie de Beer se foto, Smiley Monkey, wat sy in die natuurafdeling ingeskryf het, was die beste onder die junior fotograwe .

Louis van der Walt het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Inyoka Stream 2 in die landskapafdeling, ontvang.

Hanlie de Beer het ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Zazu in die natuurvoëlsafdeling ontvang.
Exit mobile version