Tannie Gerrie van den Berg van Standerton is oorlede

Sy het in 2007 haar intrek by die ouetehuis geneem en en volgens die tehuis, het sy aan alles deelgeneem, ongeag haar ouderdom.

Tannie Gerrie van den Berg van Kosmos Aftree-oord is op 2 Mei oorlede. Haar begrafnisdiens het op 8 Mei om 11:30 in die NG Moedergemeente plaasgevind.

Tannie Gerrie is op 29 Maart 1935 gebore. ’n Op-en-wakker tannie Gerrie is soms in die strate van Standerton gesien waar sy oefening ingekry het.

Die Standerton Advertiser het haar belangstelling in die Afrikaanse letterkunde beleef as sy na die boekvoorlesing uit Toorbos van Dalene Matthee geluister het en elke woord ingedrink het.

Sy was ’n kranige rolbalspeler wat haar plek tot kort voor haar afsterwe by Standerton Rolbalklub volgestaan het.

Die basaars van die Klipkerk het nie verbygegaan sonder dat tannie Gerrie pannekoeke gerol het nie. ’n Boervrou was sy gewis en sy kon weerpatrone in die distrik uitken.


LEES OOK: ‘n Goeie dosis Vtamien C is as skenking ontvang


Sy het in 2007 haar intrek by die ouetehuis geneem en en volgens die tehuis, het sy aan alles deelgeneem, ongeag haar ouderdom.

“Tannie Gerrie het by Bingogeleentehde die nommers op haar unieke wyse uitgeroep.”

Die oord het ook melding gemaak dat sy die tuine versorg en vir ‘n tydperk op die direksie gedien het.

“Terwyl die tuine onder haar sorg was, was veral die krismisrose ’n lus vir die oog. Haar eie tuin was haar trots.”

Sy word oorleef deur haar dogter, Anna-Marie Crumplin en skoonseun Brian, twee skoondogters, Ria en Madelein, asook ses kleinseuns en drie agterkleinkinders.


LEES OOK: Klassieke herfsklanke vermaak gaste by Laerskool Eloff

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version