Local newsLocal sportNews

Bethal-atleet gooi goue medalje los op SAs

Swede wink vir Bethal-inwoner.

Die meesters-atleet, John Aspeling (63), het op 3 Mei met ’n goue medalje vir spiesgooi weggestap by die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe op Potchefstroom.

Aspeling, ’n inwoner van Palm-oord Leefstyl Sentrum vir Bejaardes, se volgende mikpunt is om aan die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe wat vanaf 13 tot 25 Augustus in Gothenburg in Swede plaasvind, te gaan deelneem en te presteer.

Hy herstel tans aan ’n besering aan sy hakskeen en gaan weer begin oefen sodra dit genees is.

Die Ridge Times het onlangs oor Aspeling berig toe hy verskeie medaljes by onder andere die Afrika Spele verlede jaar en die Gauteng-Noord Meesters Atletiekkampioenskappe in April ingepalm het.

Aspeling het op skool al op die atletiekbaan en op die rugbyveld uitgeblink en was nog altyd lief vir sport.



LEES OOK: ‘n Goeie dosis Vtamien C is as skenking ontvang

LEES OOK: Vermeende kapers in hul spore gestuit tydens Operasie Shanela

Related Articles

 
Back to top button