Local newsLocal sportNews

Standerton Sables buig knie voor Sasol 3

Die eindtelling was 26-12 in Sasol 3 se guns

Die Standerton Sables moes Saterdag die knie buig voor Sasol 3 op Secunda in hul derde ligawedstryd van die seisoen.

Die Sables het 26-12 verloor. ‘n Goot gedeelte van die wedstryd het in die Sables se kwart- en doelgebiede afgespeel.

Met Sasol wat een na die ander aanval op die Sables afgestuur het, was dit net ‘n kwessie van tyd tot hulle deur die Sables se verdediging gebreek en ‘n drie gedruk het.

Die drie is nie verdoel nie. Dit is opgevolg met nog ‘n verdoelde drie wat die rustydtelling op 12-0 in Sasol 3 se guns gebring het.

In die tweede helfte het puik samewerking onder die Sasol 3 agterry weer tot ‘n drie gelei.

Die tuisspan het hierna nog vyf punte met ‘n onverdoelde drie ingepalm wat die puntestand na 26-0 in Sasol 3 se guns opgestoot het.

Net toe ‘n mens begin dink dat die Sables sonder enige punte sou terugkeer huis toe, het die Sables se Montel Meyer en Jason Julies vir twee skouspelagtige drieë na mekaar gesorg waarvan een verdoel is.

Die eindfuitjie het op 26-12 in Sasol 3 se guns geblaas.

Die Sables se volgende wedstryd is op 18 Mei teen eMbalenhle op Standerton.


Related Articles

Back to top button