Met die hokkieseisoen goed op dreef het Hoërskool Delmas se hokkiespanne teen dié van Hoërskool Stoffberg van Brakpan op die veld gedraf.
Die wedstryde het op 2 Mei op die tuisveld van Hoërskool Delmas plaasgevind. Na afloop van die wedstryde het die uitslae soos volg daar uitgesien:
Dellies en Stoffberg se eerste spanne het gelykop met 2-2 geëindig. Die tweede span het verloor en kon geen doele aanteken nie, terwyl Stoffberg twee doele geslaan het.
Die o16-span het 2-1 gewen, die o15-span het 1-0 gewen en die o14-span het 2-0 verloor.
Die spelers van die wedstryd was Thando Koza vir die o14-span, Elshenique du Preez vir die o15-span, en Judith van Heerden vir die o16-span.
Die tweede span speler van die wedstryd was as Karabo Matlou en vir die eerste span het Aphelele Nhlovu die kroon gedra.