Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Valke Rugby Unie se Kestrel Liga begin op Delmas

“Ons Phoenix-span is baie opgewonde oor die Kestrel-liga van 2024 en sien baie uit na die res van die wedstryde, ek glo dat ons vanjaar weer baie goed gaan vaar.”

Die Valke Rugby Unie se eerste Kestrel liga-wedstryd het op Delmas tussen die spanne van die Phoenix Phoenix Rugbyklub en die Stallions van die Tembisa Rugbyklub afgeskop.

Die wedstryd het op 4 Mei op die A-veld van Hoërskool Delmas plaasgevind. Dit was reeds van vroeg in die spel duidelik dat Phoenix op die veld was met die doel om te wen en met die eindtelling van 83 punte teenoor die sewe van Tembisa, het die span van Phoenix ’n baie goeie openingswedstryd gehad.

“Die spel was goed bestuur en daar was goeie kommunikasie tussen ons spanlede,” het Jandré Senekal, afrigter van Phoenix gesê.

Senekal het verder genoem dat hy tevrede is met die spelers se vlak van fiksheid.

“Ons het vir hoë punte gespeel en wou verder graag die boodskap aan die ander deelnemende spanne oordra dat Phoenix ín die liga is.”

“Ons Phoenix-span is baie opgewonde oor die Kestrel-liga van 2024 en sien baie uit na die res van die wedstryde, ek glo dat ons vanjaar weer baie goed gaan vaar.”

Ons sê ook baie geluk aan ons man van die wedstryd, Jason Scholtz. DK Mukendi het ook baie goed gespeel deur as as vleuel vir vier drieë te sorg.

“Ons is baie bly dat ons vanjaar ook aan die Presidentsliga kon deelneem. Phoenix het baie goed gevaar en dit het as uitstekende strategie inoefening vir die Kestrel Liga gedien.”

Die Phoenix rugbyspelers kom weer op 17 Mei in ’n tuiswedstryd, die keer teen die span van Katlehong te staan.


Related Articles

Back to top button