Musici van Pretoria het ’n uitgesoekte gehoor by Laerskool Eloff met ’n keurige ligte klassieke konsert vermaak.
Die ligte klassieke musiekaand met sang, musiek, klavierspel en dwarsfluit het op 28 April plaasgevind.
Neels Boonzaaier, oud-inwoner van Delmas, Chris van Staden, Nel-Mari McGee en Hannelie Botha het die gaste op die punte van hul stoele gehou.
“Wat ’n onvergeetlike kamerkonsert,” het Louise van Niekerk, hoof van Laerskool Eloff gesê.