Local newsLocal sportNews

Hengelaars kap die visse vas in Trichardtsfonteindam

Klublede bring ‘maatjies’ saam na kompetisie.

Riaan Swarts het die mansafdeling by die Lekker Sosiale Hengelklub se ‘Bring jou Maatjie’-hengelbyeenkoms op 27 April gewen wat by Trichardtsfonteindam gehou is.

Swarts het 0.59g se moddervis uit die water getrek. Answané Cassell was die wenner in die vroue-afdeling met haar moddervis van 0.43g en Jolene van Zyl was die wenner onder die junior hengelaars met haar moddervis van 0,17g.

Van Zyl het ook haar persoonlike beste vangs verbeter met die karp van 1.94kg wat sy vasgekap het. Leon Cassell het sy persoonlike beste vangs ook verbeter met ’n geelvis van 1.35kg.

Onder die besoekers, het Charlie Gustavson weggestap met die prys in die mansafdeling met sy moddervis van 0.55g en Lucille van Zyl onder die vroue met haar moddervis van 0.57g.

Altesaam 42 hengelaars het aan dié kompetisie deelgeneem en hulle het karp, moddervis, geelvis en moggels gevang.

Die klub se bestuur het almal wat die dag ondersteun en deelgeneem het, bedank.


Related Articles

Back to top button