Local newsLocal sportNews

Sasol se ringbalspelers ding mee op Secunda

Klubbestuur nooi kinders wat wil ringbal speel.

Sasol Ringbalklub se vroue- en mansspanne het op 27 April met die Panthers van Middelburg kragte gemeet.

Sasol se mans A-span het met 18-12 gewen terwyl Sasol se vroue A-span in die stof gebyt het met 26-6.

Sasol Ringbalklub het op 4 Mei met Bronkhorstspruit kragte gemeet op Middelburg en mik dan om provinsiaal te gaan deelneem aan die Suid-Afrikaanse Ringbaltoernooi wat in Junie in Pretoria plaasvind.

Die klubbestuur het kinders tussen agt en 18 jaar genooi om by hulle aan te sluit vir die Gert Sibande Skole Ringbal-liga wat binnekort afskop.

Vir meer inligting, skakel Ansa Potgieter by 082 497 8865.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button