CrimeLocal newsNews

Twee verskyn weer in Secunda-hof vir bedrog

Hof op Secunda stel saak uit na 21 Junie.

Zane Calitz en Christo Boshoff wat tereg staan op aanklagte van bedrog en diefstal, het op 3 Mei weer in die landroshof op Secunda verskyn.

Dit kom nadat dié twee mans op 18 Februarie vanjaar in hegtenis geneem is nadat hulle glo geld ontvang het om sonpanele vir mense op te sit en nie die werk gedoen het nie of die geld terugbetaal het nie.

Volgens die klagstaat is daar sake van Secunda, Bethal, Kriel, Kinross en selfs Brakpan teen hulle.

Buiten hul hofverskyning op Secunda, moes hulle ook in die howe op Bethal en Kriel verskyn en hulle verskyn op 16 Mei weer in die landroshof op Evander.

Hul saak by die landroshof op Secunda is uitgestel na 21 Junie en die twee mans bly in aanhouding.




LEES OOK: Twee mans van Secunda vas vir bedrog met sonpanele

LEES OOK: Twee mans van Secunda weer in hof vir bedrog

Related Articles

 
Back to top button