Local newsNews

Motoris verskyn in hof na jongman langs Leandra-pad doodgery is

Hof stel saak uit na Oktober.

David Nziyane wat vermoedelik op 28 Februarie 2021 vir Jason Slabbert (24) raakgery het, het op 24 April weer in die landdroshof op Evander verskyn.

Volgens Slabbert se familie, het die ongeluk op die pad tussen Leandra en Devon gebeur.

Slabbert het ’n slaggat getref en langs die pad afgetrek om sy voertuig se band om te ruil toe Nziyane na bewering in ’n bakkie met ’n sleepwa aangejaag gekom het en vir Slabbert en nog ’n man wat gehelp het om die band te ruil, getref het.

Slabbert is na die ongevalle-eenheid van Mediclinic Highveld gehaas en later na die Netcare Union Hospitaal op Alberton.


LEES OOK: Protea Cullifest ’n dag om te onthou


Sy vriende en familie het op sosiale media vir hom probeer geld insamel sodat hy ’n operasie kon kry.

Hy het nie ’n mediese fonds gehad nie en is sewe dae later is op 7 Maart 2021 in die hospitaal aan sy beserings dood.

Volgens die polisieverslag was Nziyane na bewering onder die invloed van alkohol terwyl hy bestuur het.

Sy saak is uitgestel na 14 en 15 Oktober vir die verhoor.


Related Articles

Back to top button