Local newsLocal sportNews

Sasol Secunda se krieketspanne is beste in Mpumalanga

Sasol 1 se Michael Rossouw is aangewys as Mpumalanga 50 Beurte Premierliga speler van die seisoen.

Sasol Secunda Krieketklub kan met reg spog dat hulle vanjaar Mpumalanga se bestes is met beide Sasol 1 en die vrouespan wat hul ligas gewen het.

Sasol 1 het op 14 April Witbank Snipers verwelkom vir die eindstryd van die Mpumalanga 50 Beurte Premierliga.
Sasol het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die spelers was onder druk nadat hul vroeg twee paaltjies verloor het sonder enige lopies op die bord.

Kaptein George Louw en ou staatmaker, Colin van Staden, het dinge stadig maar seker herbou met ’n briljante vennootskap van 178 lopies voor Van Staden uit is op 94 in die 35ste beurt.


Michael Rossouw is aangewys as die Mpumalanga 50 Beurte Premierliga speler van die seisoen.

Louw het 98 lopies aangeteken voor hy op die tou gevang was deur Katlego Baloyi danksy die boulwerk van Snipers kaptein, Shaun Neetling.

Dewald Erasmus het seker gemaak dat Sasol hul totaal na 301/5 neem in 50 beurte ná n blitsige 44 nie uit nie.

Die druk van 300 op die bord was net te veel en Sasol, soos gewoonlik, was gevaarlik met die bal.

Snipers was uitgeboul vir slegs 138 lopies. Louw, Van Staden en Ignus Koekemoer het elkeen twee paaltjies laat kantel.


LEES OOK: Vrou getuig van wonderwerk by vroue-oggend op Trichardt


Sasol 1 se Michael Rossouw is aangewys as Mpumalanga 50 Beurte Premierliga speler van die seisoen.

Sasol se vrouespan het vroeër vandeesmaand as die Mpumalanga wenners uit die stryd getree.

Hulle het op 13 April Mpumalanga verteenwoordig op Willowmore Park in Benoni waar hul teen die klubwenners van Limpopo gespeel het as deel van die CSA Community Cup uitspele.

Sasol se vroue kon nie hul wedstryd deurtrek nie, is dit eens dat om as Mpumalanga wenners aangewys te word ’n groot ondervinding was.


Related Articles

Back to top button