Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Phoenix skop Presidentsliga oortuigend af in wedstryd op Delmas

“Die manne het hard gewerk en die vrugte gepluk. Daar lê nog baie harde werk en kompetisie teen baie sterk klubs voor, maar die eerste wen vir beide ons eerste- en tweede span was ’n groot pluspunt.”

Phoenix Rugbyklub het die ligaseisoen met twee tuiswedstryde op die veld van Hoërskool Delmas op 6 April afgeskop.

Nie net het Phoenix vanjaar een span nie, maar kon hulle daarin slag om twee spanne vir die Presidentsliga in te skryf.

Die tweede spanne van Phoenix en die Kempton Wolwe het om 15:00 op die veld gedraf. Phoenix se tweede span het die wedstryd met 17–0 gewen.

Die groot oomblik het aangebreek toe die eerste spanne van Phoenix en die Kempton Wolwe die rugbyveld van Hoërskool Delmas opgedraf het.


President Liga kompetisie tussen Phoenix en die Kempton Wolwe.

Met die blaas van die eindfluitjie het Phoenix ook dié wedstryd in die sak gedruk met ’n wen van 21– 0.

“Die manne het hard gewerk en die vrugte gepluk,” het Jandré Senekal, die afrigter van Delmas Phoenix Rugbyklub gesê.

“Daar lê nog baie harde werk en kompetisie teen baie sterk klubs voor, maar die eerste wen vir beide ons eerste- en tweede spanne was ’n groot pluspunt. Ek glo dit was ’n positiewe begin en Phoenix sien uit na die volgende wedstryd.”

Senekal het aangedui dat Phoenix weens hul oorwinnings in die eerste ligawedstryd moontlik in hul volgende kompetisie weer tuis kan speel.

“Ons wag nog vir bevestiging, maar dit sal puik wees as ons weer tuis kan speel,” het Senekal gesê.

Voor die aanvang van die wedstryd het Phoenix se eerste span ook ontvangs van hul splinternuwe rugbytruie geneem.

Senekal het die borge bedank vir die nuwe span uitrustings.

“Die splinternuwe ‘kit’ gee ons span daardie ekstra ‘oomph’ en selfvertroue vir die seisoen wat voorlê en laat ons ook sommer weer soos ’n volwaardige rugbyspan voel,” het Senekal gesê.

Volgens Senekal bring die nuut-ontwerpte wapen op die rugbytruie ook nou erkenning aan al drie die dorpe binne die Victor Khanye Munisiplaiteit wat die Phoenix Rugbyklub verteenwoordig, naamlik Delmas, Eloff en Sundra.




ALSO CHECK: Sasol 1 verloor teen Pumas XV

ALSO CHECK: Kaalvoetrugby se 2024-reeks op Delmas kom tot ’n einde

Related Articles

Back to top button