CrimeLocal newsNews

Oupa verskyn in Bethal-hof op seksuele aanklagtes

Hof stel saak uit na 10 April.

’n Oupa (53) van Bethal staan tereg op aanklagtes van verkragting, molestering en die besit van kinderpornografie.

Dié oupa het onlangs in die Bethal Landdroshof verskyn omdat hy na bewering oor ’n tydperk van etlike jare, sy kleinkind (9) en nog ’n kind (14) in die familie gemolesteer en verkrag het.

Een van die kinders se ouers het op hom afgekom terwyl hy die kind seksueel aangerand het en het ’n saak by die polisie gaan maak.

Hy het eers gevlug, maar homself op 26 Januarie aan die polisie oorgegee. Die polisie het ook ’n onwettige vuurwapen in sy besit gevind.

Die man is steeds in aanhouding en sy hofsaak is uitgestel na 10 April.



LEES OOK: Operation Paseka yields arrest in Bethal

LEES OOK: No work happening at R26m Eendracht sewer project

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button