Secunda-fotograwe skryf beste fotos in

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 5 April by te woon.

Sussa Pelser was die wenner in die voorgeskrewe onderwerpafdeling by die Hoëveld Fotografieklub se byeenkoms vroeër in Maart.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Maart was ‘Story Telling’ en Pelser het ook ’n sertifikaat van meriete vir haar foto, Klou aan Pop, ontvang.

Louis van der Walt was die beste fotograaf onder die senior fotograwe en het dié afdeling gewen en ook ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Behind Wolfberg Arch Milky Way, ontvang.

Edmund Hattingh het behoorlik uitgeblink en was die beste onder die junior fotograwe met sy foto, Blousysie Geniet die Water.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy fotos, Burchells Coucal, in die natuurvoëlsafdeling en Miskruier in die natuurafdeling. Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het, is dr.

Leon Pelser vir sy fotos, Call me Placido, in die pikturale afdeling en You have a Friend in me, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling, Hanno de Beer vir sy twee fotos, High-low Tackle en Side Stepped, beide in die fotojoernalistieke afdeling, Piet Potgieter vir sy foto, Gory Lunch in die pikturale afdeling en Lorraine Botha vir haar foto, Tea with the Best Company, in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 5 April om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Exit mobile version