Local newsNewsSchools

Laerskool Secunda se atlete presteer by Mussa-byeenkoms

Ses dring deur na Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap.

Verskeie atlete van Laerskool Secunda het op 16 Maart aan die Mpumalanga Atletiekkampioenskappe by Secunda Stadion deelgeneem en presteer.

Dié atlete is Ziné van den Heever wat die hoogspring vir dogters o10 gewen het, die tweeling, Linke en Amé Schneider wat onderskeidelik eerste en tweede in die 70m hekkies vir dogters o10 geëindig het, Lia Krugell wat die 75m hekkies vir dogters o12 gewen het, Brand du Plessis wat die 1 500m vir seuns o13 gewen het en Miané Venter wat die spiesgooi vir dogters o13 gewen het.

Dié atlete kwalifiseer dan ook om vanaf 24 tot 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe by die Oscar Mpete Stadion by die Universiteit van Limpopo naby Pietersburg deel te neem waar hulle Mpumalanga gaan verteenwoordig.



LEES OOK: Standerton youth demand employment opportunities

LEES OOK: Goldi 4 -1 marathon in Standerton attracts athletes from all over

Related Articles

Back to top button