Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Heidi se Donkey Derby-pretaand lok vele

Die gewilde Donkey Derby word jaarliks as ’n geldinsamelingsgeleentheid ten bate van Heidi Kleuterskool gehou.

Heidi Kleuterskool se Donkey Derby-aand het vanjaar weer nie teleurgestel nie.

Jonk en oud het op 1 Maart om 18:00 in die saal van Laerskool Delmas byeengekom om so bietjie op die ‘perde te wed’.

Die gewilde Donkey Derby word jaarliks as ’n geldinsamelingsgeleentheid ten bate van Heidi Kleuterskool gehou.

Die hoof, Riëtte Wheller, het die gaste, personeel en borge verwelkom en bedank.

Die aand se pret het hierna vrolik afgeskop met weddenskappe op verskeie van die ‘perde’, verteenwoordig deur Heidi kleuters en personeel.


Related Articles

Back to top button