Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Been twee van rolbalbesigheidsliga op Delmas afgehandel

Met pryse wat ook aan spanlede met die meeste gees toegeken gaan word, was die gees op die baan een van groot opwinding.

Tydens die tweede week van die Delmas Rolbalklub se besigheidsliga het beide die Bokmakieries en die Vleileliesspanne weer op onderskeidelik op 5 en 7 Maart deelgeneem.

Met pryse wat ook aan spanlede met die meeste gees toegeken gaan word, was die gees op die baan een van groot opwinding, saampeel, maar ook strawwe kompetisie.

Aan die einde van die onderskeie aande se spel het die uitslae soos volg gelyk:
In die Bokmakierie liga is die voorlopers die span van Isofab met 37 punte, die Junior Delmas Studiegroep was tweede met 36 punte en in die derde plek was die B-span van Perfect Water met 31 punte gevolg deur die Pionne Studiegroep met 25 punte.

In die Vlielelie liga was die span van Pimankus in die eerst plek met 40 punte, Mnani Implemente was in die tweede plek met 32 punte. Schoeman Boerdery se C-span was die derde plek 29 punte gevolg deur A-span van die Valke Buurtwag in die vierde plek met 27 punte.

Teen druktyd sou die finale wedstryde in die drie-been-liga’s op 12 en 14 Maart voltrek word.

Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus oor watter spanne van die Bolmakieries en Vleilelies aan die einde van die derde en finale been van die besigheidsliga die pryse ingepalm het.


Related Articles

Back to top button