Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Gewilde besigheidsliga op Delmas bars uit sy nate

Met ’n rekord 24 spanne wat vanjaar ingeskryf het, moes die baan ’n tweede aand per week vir die liga open.

Die Delmas Rolbalklub se immergewilde jaarlikse besigheidsliga het weer met groot opgewondenheid en hope gees op die dorp se rolbalbaan begin.

Vanjaar is daar egter ‘n verandering. Volgens die klubkommittee het die liga so gegroei en was die belangstelling so groot dat dit nie meer net een aand per week oor ‘n drie weke periode kan plaasvind nie.

Met ‘n rekord 24 spanne wat vanjaar ingeskryf het, moes die baan ‘n tweede aand per week vir die liga open.


Larizza Steup gee die bal af tydens die eerste been van Delmas Rolbalklub se besigheidsliga.

Die spelers wat op Dinsdae, deelneem, staan as die Bokmakieries bekend en deelnemers op Donderdae neem as die Vleilelies deel.

So het die Bokmakieries dan die besigheidsliga formeel op 27 Februarie geopen. Spanne wat deelneem, is die van Perfect Water, Schoeman Boerdery, NTT Toyota, Delmas Junior Studiegroep, die Pionne Landbou Studiegroep, Delkor Makelaars, Isofab en Laeveld Agrochem.

Teen die einde van die eerste rondte van die Bolmakieries se liga het die A-span van Perfect Water en Isofab in die eerste plek geëindig.


Zandré Viljoen rol vir die span van Perfect Water.

Die Pionne Landbou Studiegroep se twee spanne het in die tweede plek en die derde plek klaargemaak.

Die Vleilelies se liga het op 29 Februarie begin en spanne wat deelneem, is Stander en Vennote, Odendaal en Kruger Prokureurs, Maksimum Sekuriteit, Pimankus, Laeveld Agrochem, Schoeman Boerdery, Mnani Implemente en ook die twee spanne van AfriForum se Valke Buurtwag.

Pimankus het in die eerste plek geëindig. Schoeman Boerdery se C-span het in die tweede plek en die A-span van die Valke Buurtwag in die derde plek klaargemaak.

Die Delmas Rolbalklubkomitee bedank die borge. Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus oor hoe die Bokmakieries en Velielelies in rondte twee van die besigheidsliga gevaar het.


Liz-Mari du Plessis gee die bal vir die span van Delkor af.

Danell Donaldson gee die bal af tydens die besigheidsliga.

Ewald Oosthuizen in aksie vir AfriForum se Delmas Valke Buurtwag.

Die span van Schoeman Boerdery bespreek tegniek.


ALSO READ: Police confirm body of missing man Siya Mabena

ALSO READ: Vrou wat glo R2.6m by Laerskool Delmas steel, doen om borg aansoek

Related Articles

Back to top button