Local newsNewsStreeknuus

Geheimsinnige uitgrawings op Delmas lei tot swanger vrou se val

“Ek het juis so probeer trap dat ek nie sou gly nie. Ek het aan die hekkie se stutpaal vasgehou, maar tog gegly en hard op die kant van my maag geval. Alles het so vining gebeur dat ek nie alles presies kan onthou nie. Die ergste was dat ‘boetie’ binne my stil was, doodstil.”

“Ek het met die instap gevoel hoedat boetie binne my beweeg, hy was erg besig en toe val ek en boetie raak stil.”

Dit is die woorde van ’n vrou van Delmas, wie verkies om anononiem te bly, tans 30 weke swanger met haar en haar verloofde se seuntjie.

Die vrou het oudergewoonte haar vyfjarige dogtertjie op 4 Maart by Rakkers Kleuterskool gaan aflaai toe die byna ondenkbare gebeur het. Sy het by die skool gegly en geval en vrees het bestaan dat baba dalk iets soorgekom het.

“Ek was versigtig, daar is stene uitgegrou, die sand is glad en dit is boonop baie skuins.”

Volgens die vrou het die probleem gekom toe sy uitgaan.

“Ek het juis so probeer trap dat ek nie sou gly nie. Ek het aan die hekkie se stutpaal vasgehou, maar tog gegly en hard op die kant van my maag geval.

“Alles het so vining gebeur dat ek nie alles presies kan onthou nie. Die ergste was dat ‘boetie’ binne my stil was, doodstil.”

Die vrou het Streeknuus meegedeel dat sy erg paniekerig geraak en in skok gegaan het. Die wiele was aan die rol en die mamma se verloofde was onmiddellik gekontak.

Die paartjie het na Middelburg gehaas, waar die vrou by die Life Midmed Hospitaal se ongevalle opgeneem was.

Haar ginekoloog is op Middelburg. Verskeie toetse was op haar en die baba gedoen en teen druktyd het dit geblyk dat albei veilig is.

“Ek was so bekommerd dat ek byna nie kon praat nie,” het die vrou se verloofde gesê.

Daar word tans uitgrawings gedoen op die sypaaadjie van 6de straat op Delmas. Die uitgrawings het omstreeks die derde week van Februarie begin.

“Groot geheimhouding draai rondom die uitgrawings waartydens slote gegrawe word om een of ander pype te lê.

Dit lyk soos ’sleeves’, dit moet dus vir kabels wees, maar ek het gevra en die kontrakteurs het geweier om vir my te sê waarmee hulle besig was,” het ’n inwoner Streeknuus meegedeel.

“Ek het bloot gaan vra omdat daar waterpype beskadig was en ons sonder water gesit het.”


Die ingang by Rakkers Kleuterskool wat byna onbegaanbaar en gevaarlik deur onbekende kontrakteurs gelaat is.

Verskeie waterpype is reeds beskadig en was inwoners vir dae sonder water. Volgens die eienaar en skoolhoof van Rakkers Kleuterskool, Mariëtte van Eeden, het sy self die eeste keer op 22 Februarie navraag rondom die gate wat gegrou word gedoen.

“Daar was toe nog net verskeie gate gegrou en ek by die kontrakteurs navraag gedoen. Volgens die kontrakteurs sou hulle voorman my kom sien om te verduidelik wat aangaan. Dit het egter nie gebeur nie en by verdere navraag was dié voorman ook nie beskikbaar om met my te praat nie,” het Van Eeden gesê.

Teen 24 Februarie het die nuus op groepe begin versprei oor verskeie pypbreuke en was inwoners sonder water gelaat.

Volgens Van Eeden het sy op 4 Maart by die skool opgedaag en gevind dat die skool se motorhek nie kon opmaak nie. Plaveiselstene was teen die palisade opgestapel en die hek kon dus nie oopskuif nie.

“Ons moes ons voertuie in die straat parkeer en toe gebeur die ongeluk met die swanger mamma boonop ook nog. Dit is onaanvaarbaar dat nie die kontrakteurs of die munisipaliteit enigsins kennisgewings rondom die werksaamhede kon uitgee nie.”


LEES OOK: Community imbizo in Rithabiseng touches on unemployment


Met Streeknuus se aankoms by Rakkers was dit duidelik dat toegang tot die kleuterskool se perseel nie maklik was nie. Die swanger vrou het Streeknuus op 5 Maart meegedeel dat sy baie seer is, maar sy is tuis en dankbaar.

“Die dankbaarheid was net so groot en oorweldigend toe ons weer boetie se hartklop hoor.

“Ons dank die Here dat beide veilig is. Dit kon so anders gewees het. Daardie kontrakteurs kan ook hul sterre dank,” het die pappa gesê.

Van Eeden het Streeknuus meegedeel dat die kontrakteurs wel kort na die voorval by Rakkers opgedaag het, om verskoning gevra het en begin het om skoon te vee.

Streeknuus het intussen navraag aan die munisipale bestuurder van die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit, Thabo Mashabela, gerig rondom die geheimsinnige uitgrawings. Teen druktyd het Streeknuus egter nog geen reaksie ontvang nie.




LEES OOK: Alleged serial killer from eMbalenhle wants to see DNA report that links him to victims

Related Articles

Back to top button