Local newsNews

Pieter Koen tree in Standerton Teatro op

Die gehoor het na Koen se weergawes van immergroen treffers geluister wat onder meer gunstelinge van Elvis, Cliff Richard, Engelbert Humperdinck, die Eagles, Chris de Burgh, Bles Bridges en Gé Korsten ingesluit het.

Die bekende vermaaklikheidskunstenaar en televisiepersoonlikheid Pieter Koen het op 1 Maart by die Standerton Teatro opgetree en is met applous vir sy musikale reis beloon.

Standerton Teatro Boufonds, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand van Standerton, het die geleentheid gereël.

Koen se moeder, Elize Smith, wat hom van jongsaf aan musiek blootgestel het, het met die reëlings gehelp.

Die gehoor het na Koen se weergawes van immergroen treffers geluister wat onder meer gunstelinge van Elvis, Cliff Richard, Engelbert Humperdinck, die Eagles, Chris de Burgh, Bles Bridges en Gé Korsten ingesluit het.

Koen is deur ’n orkes bygestaan. Met die sing van in Lady in Red het sy dogter, geklee in rooi, ’n akrobatiese vertoning gelewer. Gratis verversings kon geniet word.

Die burgemeester Delani LouisThabethe was ook teenwoordig. Op een stadium het ’n paartjie agter in die saal begin dans en ook twee jong meisies. Groot veelkleurige ballonne is teen die einde in die lug opgestuur.


Related Articles

Back to top button