Local newsNewsSchoolsStreeknuus

Hoërskole Erasmus en Delmas pak mekaar

Erasmus het op die rugbyveld koning gekraai, maar Delmas was baas van die hokkiewedstryde.

Hoërskool Erasmus het op 24 Februarie teen Hoërskool Delmas koppe gestamp in verskeie rugby- en hokkiewedstryde.

Die eerste rugbyspan het Delmas met 22–3 geklop en die tweede span het Delmas met 50–0 verpletter.

Die o16-span het Dellies met 49–12 geklop, die o15s het met 26–7 gewen en die o14-span het met 29–0 gewen.
Hoërskool Delmas se hokkiespanne het weer koning oor Erasmus gekraai.

Hul eerste seunsspan het met 6–0 geseëvier en die dogters se eerste span het met 4–0 gewen.

Dellies se o16-span het 12–1 oor Erasmus geloop, terwyl die o15s met 2–0 en die o14s met 3–0 gewen het.


Related Articles

Back to top button