Local newsNewsStreeknuus

VLU-vroue hou maandlikse vergadering op Bronkhorstspruit

Marina van Vuuren het ’n interessante praatjie oor die gebruik van die lugbraaier (airfryer) gegee.

Die VLU Van Riebeeck-tak Bronkhorstspruit het ’n rooi vergadering gehad op 13 Februarie, met die tema ‘Leef in volkleur’.

Die vroue was almal in rooi getooi. Van Riebeeck-tak se bestuur het besluit om elke vergadering ’n ander kleur te gee.

Marina van Vuuren het ’n interessante praatjie oor die gebruik van die lugbraaier (airfryer) gegee.

Lugbraaiers word as ’n gesonde alternatief tot diepbraaiers beskou, hoewel nie alle soorte kos wat gewoonlik in ’n diepbraaier berei kan word, ook in ’n lugbraaier gaargemaak kan word nie.


LEES OOK: Kinross VLU-vroue leer van kruissteek


Die takvoorsitter Yolande Steenkamp nooi vroue in die gemeenskap om by die VLU aan te sluit.

“Verbreed jou kennis, sosiale vaardighede en kreatiwiteit.”

Die tak vergader elke derde Dinsdag van die maand om 09:30 in die kerksaal van die NG Moedergemeente op Bronkhorstspruit.

Vir meer inligting, kontak die tak se skakelbeampte, Elizabeth Kendall op 083 378 2698.


LEES OOK: DA in Victor Khanye Municipality claims squatters are subject to inhumane conditions


Related Articles

Back to top button