Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Bronkhorstspruit Gholfklub se Hackers en Wackers kondig wenners aan

Die wenner van die jaar is Retief Grobler.

Die Hackers en Whackers gholfliga het op 10 Februarie hul prysuitdeling by die Bronkhorstspruit Gholfklub gehou.

Dié sosiale liga is oor ’n tydperk van 10 maande gespeel.

Punte is op ’n geintegreerde prestasiestelsel (IPS) formaat behaal om te bepaal wie in die top 10 van elke maand is.

Die prysuitdeling is met ’n prettige dag vir die hele gesin gevier en het ook gedien as ’n bekendstelling om meer mense by die liga op Bronkhorstspruit se gholfbaan te betrek.

Die wenner van die jaar is Retief Grobler. Vir meer inligting, skakel Bronwyn Botha by 061 332 8272.




ALSO READ: Nog ‘n liggaam word op R548 naby Delmas gevind

ALSO READ: 51 participate in Bronkhorstspruit parkrun

Related Articles

Back to top button