Local newsNews

Hoëveld Fotografieklub se lede skryf wenfotos in

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 8 Maart by te woon.

Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op 9 Februarie vergader en Louis van der Walt se foto, Cederberg Arch Moon Phases, was die beste in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.

Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy fotos, Angel Wings in die tweekleurige foto-afdeling en Wat Click so 2 in die pikturale afdeling.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Februarie was, ‘Met die Maan gepla – kreatiewe foto van die maan’ en die beoordelaar vir die aand was Lynette Taljaard van die Kriel Fotoklub.


Hanno de Beer het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, Kyk Hoe die Son Sak na Lank Dag in die natuurafdeling, ontvang.

Dr. Leon Pelser was die wenner onder die senior fotograwe met sy foto, Tarantula, in die natuurafdeling. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang asook vir sy foto, Fly on Sun in die pikturale afdeling.

Anzette Snyders was die wenner onder die junior fotograwe met haar foto, Aloe Express, in die fotojoernalistieke afdeling.

Sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, asook vir haar fotos, Bali, in die pikturale afdeling, Sailing, in die fotojoernalistieke afdeling en Moons in die voorgeskrewe onderwerpafdeling.


Danie Smit het ’n sertifikaat van meriete vir sy foto, N2 Swelllendam Canolas, in die landskapafdeling ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul fotos ontvang het is Edmund Hattingh vir sy fotos, Baby Egyptian Goose en Yellowbill Duck Bathing, beide in die natuurvoëlsafdeling en Lightning over Secunda en Groomed looking for Company, beide in die natuurafdeling, Danie Smit vir sy fotos, N2 Swelllendam Canolas en Royal National Park, beide in die landskapafdeling, Hanno de Beer vir sy foto, Kyk Hoe die Son Sak na Lank Dag in die natuurafdeling, Lorraine Botha vir haar foto, Frozen Flower in die natuurafdeling en Adri Kirsten vir haar foto, Waterpret by Island Lake in die pikturale afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 8 Maart om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Related Articles

Back to top button