Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Spelers geniet ringbalwedstryde op Delmas

Daar was vyf uitspeel wedstryde gespeel waarna die finale wedstryd tussen die Mustang Sally’s en Delmas Dragons plaasgevind het.

Ringbalspelers, oud-spelers en aspirant-spelers tesame met aanmoedigende toeskouers het op 9 Februarie op die netbalbane van Laerksool Delmas vir ’n paar vriendskaplike wedstryde byeengekom.

Met versengende hitte en tussen braaivleisvure en vrolike musiek deur was daar verskeie wedstryde gespeel in voorbereiding van die Dragons se ringbalseisoen wat binnekort afskop.

Deelnemende spanne was die Delmas Dragons, die Mustang Shelly’s, Fireflies sowel as die Phoenix Rugbyspan.

Daar was vyf uitspeel wedstryde gespeel waarna die finale wedstryd tussen die Mustang Sally’s en Delmas Dragons plaasgevind het.

Alhoewel die Mustang Shelly’s se span uit “ouergarde-spelers” saamgestel was, waarvan sommige tot 10 jaar gelede ringbal gespeel het, kon hulle tog daarin slaag om die Dragons in die eindstryd met nege punte teenoor die sewe van die Dragons te klop.

“Hierdie oorwinning van die Mustang Shelly’s het nogal as ’n groot verrassing vir ons Dragons gekom, veral in ag genome hoe lank gelede hierdie span in kompetisie was.

“Ons sien daarna uit om weer saam met hulle te speel en kan beslis van hulle leer,” het Alicia Beeslaar aan Streeknuus meegedeel.

Die Delmas Dragons het die B-Liga vir vroue in 2023 gewen en volgens Beeslaar sien die Delmas Dragons met hernude ywer uit na die nuwe seisoen wat voorlê.

“Die Delmas Dragons wil ook sommer van die geleentheid gebruik maak om vir Tessa Lerm baie geluk te sê. Sy het die presidentsbekertoekenning tydens die Dragons se jaareindfunksie in 2023 verower. Ons skop hierdie jaar se seisoen op 2 Maart af,” het Beeslaar ook gesê.

“Ons wil ook net baie dankie sê aan al ons borge wat ons so getrou ondersteun en waarsonder ons nie sou kon kompeteer nie. Spesiaal aan olns hoofborg Framers Meat. Ons waardeer julle ondersteuning.”


Related Articles

Back to top button