Local newsNewsStreeknuus

Samantha Gauche se moordsaak op Delmas uitgestel

Gauche moet weer op 13 Maart in die hof verskyn. Sy is tans op borg.

Die vrou wat van moord aangekla word nadat sy na bewering op 30 September drie keer oor Leon Jansen van Rensburg by sy kleinhoewe op Modderoos Boorde gery het, se saak is weer uitgestel.

Samantha Gauche (36) het op 6 Februarie weer in die Delmas Landroshof verskyn.

Dié verskyning volg na haar vorige verskyning op 30 Januarie waartydens haar regsverteenwordiger, Macci Coleman, aangedui het dat hy hom van die Gauche-saak onttrek.

Gauche het tydens haar laaste verskyning om regshulp van die staat aansoek gedoen en ’n verteenwoordiger is op die dag aangestel.

Sy is nie meer in aanhouding nie nadat die Delmas Landroshof op 21 Desember borgtog van R10 000 toegestaan het.

Gauche moet weer op 13 Maart in die hof verskyn.



ALSO READ: Eloff-vrou verskyn weer in hof na sy glo drie keer oor man ry

ALSO READ: Vrou wat glo drie keer oor man ry, bring Kersfees by die huis deur

Related Articles

Back to top button