Local newsNews

Secunda VLU-vroue versier knyperborde

Belangstellendes is welkom om die volgende vergadering op 6 Maart by te woon.

SECUNDA – Vroue van die Secunda VLU-tak het op 7 Februarie vergader en knyperborde gemaak vir die VLU-streekkompetisie later vanjaar.

Die vroue het hul knyperborde afgeskuur en versier en idees uitgeruil. Hulle gaan op 1 Maart ’n vetkoekverkoping hou om geld vir die tak in te samel.

Die Secunda VLU-tak se volgende vergadering is op 6 Maart om 09:00 vir 09:30.
Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, of om vetkoeke te bestel, skakel Rosa Black by 082 586 9638.


Related Articles

 
Back to top button