Local newsLocal sportNews

Gholf seëvier by Standerton Buiteklub

Sowel Neville Ritchie as Freddie Welmans het 41 aangeteken, gevolg deur Nick Momberg wat 42 op die telkaart ingevul het.

Albei ligaspanne van Standerton Buiteklub het op 10 Februarie in tuis kragmetings gelykop gespeel.

Standerton en Witbank Spring Chickens was gelykop met vier punte elk, terwyl Standerton en Middelburg se Ou Toppies albei drie punte behaal het.

Gerrit Nel was op 7 Februarie onoorwonne oor nege putjies met ’n netto van 38, terwyl Donnie Taljaard op 40 te staan gekom het.

Sowel Neville Ritchie as Freddie Welmans het 41 aangeteken, gevolg deur Nick Momberg wat 42 op die telkaart ingevul het.


Jacques Nel laat die gras spat met sy afslaan in die ligawedstryd teen Witbank op 10 Februarie.

Gerrit Coetzee het oor 18 putjies geseëvier met ’n netto van 69, gevolg deur Andries Manka en Herman Mynhardt wat albei met 73 geëindig het.

Werner Mouton, Jacques Erasmus en Jabbies Lotz het elk 74 op die telkaart ingevul, terwyl Riaan Starbuck, Kobie Coetzee, Mark Nortjé en Gravett elkeen met 75 geëindig het.

Gerrit Coetzee, Werner Mouton, Erasmus, Attie Mouton en Joré Nortjé het elk ’n twee behaal. Gravett en Vivian Seager het op 3 Februarie met ’n puntetotaal van 44 by die Standerton Buiteklub geseëvier.

Francis Themane en Stephan Mynhardt was tweede met 43 in dié beterbalkompetisie, terwyl Aldo Arnaldi en Nico Lombard, asook Basie en Ferdie ook 43 aangeteken het.


Louis Bibbey slaan af in die Spring Chicken ligawedstryd teen Witbank.

Willie Griesel en Machiel Griesel het op 42 te staan gekom, terwyl B Lear en F van der Merwe 41 op die telkaart ingevul het.

Gerrit Coetzee en Riaan Starbuck beide met 40 geëindig, gevolg deur Alida Griesel en Machiel Griesel, asook Francois Cronjé en Willie van Wyk, wat op 39 te staan gekom het.

Momberg en Ritchie, asook Patrizia Lombard en Lourens van der Sandt, het 37 aangeteken, met Nel en Joré Nortjé het met 34 huiswaarts gekeer.

Patrizia Lombard het die Sundownerkompetisie die vorige dag met 16 punte gewen. Dit was in IPS-formaat beslis. Sowel Arnaldi en Innocent Dhladhla het op 15 te staan gekom, terwyl Manka 13 aangeteken het.


Related Articles

Back to top button