Loffies se atletiekfees bring skole bymekaar

Skole wat aan die atletiekfees deelgeneem het was Eldamah Academy, Nesher Privaat skool, Laerskool Sundra en Laerskool Eloff.

’n Atletiekbyeenkoms wat skole vanuit die omgewing bymekaargebring het, was op 2 Februarie by Laerskool Eloff aangebied.

Skole wat aan die atletiekfees deelgeneem het was Eldamah Academy, Nesher Privaatskool, Laerskool Sundra en Laerskool Eloff.

Die byeenkoms het sy naam gestand gedoen deur te sorg vir ’n middag van fees op die atletiekbaan met hekkies, gewigstoot, hoogspring, verspring en verskeie baanitems wat die jong atlete behoorlik op hul tone gehad en tot groot toejuiging onder die toeskouers gesorg het.

Volgens die hoof van Laerskool Eloff, Louise van Niekerk was vanjaar die eerste keer dat borge hul gewig by die byeenkoms gevoeg het om by te dra tot die sukses van die atletiekfees.

“Ek wil ons borge bedank vir hul ondersteuning,” het Van Niekerk gesê.


Exit mobile version