Dellies se matrieks van 2023 skitter

Hoërskool Delmas het verder spogregte bekom deur met ’n totale slaagsyfer van 96.2% as die top presteerder in die Victor Khanye kring aangewys te word.

Nie net was Hoërskool Delmas as die top skool in die Nasionale Senior Sertifkaat eksamen vir 2023 in Victor Khanye munisipale gebied aangewys nie, maar het hulle ook hul vier top presteerders vir 2023 aangewys.

Opgewonde 2023 matriekleerders van Dellies het op 19 Januarie vanaf vroeg by die skool opgedaag om hul uitslae af te haal.

Willem Erasmus het onderskeidings in vyf van sy vakke behaal en is as top presteerder aangewys. Jessica Mkonto, Simeon Vorster en Isabella Naicker het elkeen vier onderskeidings behaal.

Hoërskool Delmas het verder spogregte bekom deur met ’n totale slaagsyfer van 96.2% as die top presteerder in die Victor Khanye kring aangewys te word.

Cas Badenhorst, die skoolhoof en alle personeel wens al die matrieks van 2023 voorspoed vir die toekoms toe.

Die ander skole in die kring se uitslae lyk so:


Exit mobile version