Local newsLocal sportNews

71 hengelaars van 345 vis by Grootdraaidam

Altesaam 345 vis is vasgekap met ’n totale gewig van 230.220kg.

Meyerville Hengelklub se kompetisie by Grootdraaidam die afgelope naweek het 71 hengelaars gelok, wat 19 besoekers ingesluit het.

Altesaam 345 vis is vasgekap met ’n totale gewig van 230.220kg. Die vis van die dag het aan die swaarste sak geelvis gegaan.

Johan Kruger was onoorwonne in die veteraanafdeling met met 14 vis van 12.900kg, gevolg deur Peet Erasmus met agt vis van 7.560kg en Koos Nel met ses vis van 4.640kg.

Kruger het die vis van die dag aan wal gebring.

Richard Hills het in die meestersafdeling geseëvier met 16 vis van 11.660kg, gevolg deur Hennie van Jaarsveld met 12 vis van 6.480kg en Coen van Vuuren met ses vis van 4.300kg.

Van Vuuren het die vis van die dag ingeweeg.

Danny Bosman was eerste in die seniorafdeling met 26 vis van 10.000kg, terwyl Quintin Draper tweede was met 14 vis van 7.180kg en Riaan Pieterse derde met 10 vis van 9.260kg.

Draper het die vis van die dag gevang.

Sonya van Jaarsveld het die vroue se meestersafdeling gewen met 11 vis van 5.560kg, gevolg deur Louisa Nel met vyf vis van 5.380kg en Maggie van Loggerenberg met vyf vis van 3.680kg.

Van Loggerenberg het die vis van die dag vasgekap.

Charlize Bosman het die vroue-afdeling verower met vier vis van 1.700kg, terwyl Issa Pretorius tweede was met twee vis van 0.820kg.

Ruan van Zyl het die juniorafdeling gewen met 10 vis van 7.000kg, gevolg deur Sihan Fourie met nege vis van 4.660kg en HJ van Loggerenberg met twee vis van 1.580kg.

Ruan het die vis van die dag ingeweeg.

Sion Nel het die pas in die penkopafdeling aangegee met 14 vis van 8.980kg, gevolg deur Willie Herman met een vis van 1.440kg en Inge van Wyngaard met een vis van 0,900kg.

Sion het die vis van die dag aan wal gebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button