Local newsNewsSchools

Kruinpark-leerders presteer by olimpiade

Kinders ontvang sertifikate en medaljes.

Leerders van Laerskool Kruinpark het vroeër vanjaar aan die Suid-Afrikaanse Olimpiade vir wiskunde en Engels deelgeneem en presteer.

Daar neem jaarliks sowat 100 000 leerders van 600 skole aan dié olimpiades deel en dit is van die grootste olimpiades in die land.

Die Kruinpark leerders wat presteer het, is Christelle Reynders wat ’n derde plek in die Engelse afdeling behaal het vir Graad Sewe.

Sy het ’n top achiever sertifikaat, asook ’n top 15 medalje ontvang en ’n afslagbewys van 50% om kursusse by die Virtual School of Africa te volg.

Christelle het ook vyfde in die wiskunde olimpiade vir Graad Sewe leerders geëindig en weer eens ’n top achiever sertifikaat en ’n top 30 medalje ontvang en ook nog ’n 50% afslagbewys.

Zander Blom het vyfde in die wiskunde olimpiade vir Graad Vyf leerders geëindig en ’n top achiever sertifikaat, ’n top 30 medalje en ’n afslagbewys ontvang.

Dehan Horn het vyfde in die Engelse afdeling van die olimpiade vir Graad Vyf leerders geëindig en ook ’n top achiever sertifikaat, ’n top 15 medalje en ’n afslagbewys ontvang.

Zeze Gama het ’n derde plek in die Engelse afdeling van die olimpiade vir Graad Vier leerders behaal en ook ’n top achiever sertifikaat, ’n top 15 medalje en ’n afslagbewys ontvang.

Minette Bezuidenhout het ook ’n derde plek in die Engelse afdeling van die olimpiade vir Graad Vier leerders geëindig en ook ’n top achiever sertifikaat, ’n top 15 medalje en ’n afslagbewys ontvang.



LEES OOK: Mariane groet Marietjieskool op Secunda na 34 jaar

LEES OOK: Oud-Standertonner neem spog jagtoekenning in ontvangs

Related Articles

Back to top button