Local newsNews

Modelskool van Secunda skenk komberses vir ATKV projek

Raak betrokke by ATKV se projekte en reik uit na ander.

Die Jenesaisquoi Modelskool het uitgereik na die ATKV Kosmosrand-tak deur 13 kombersies vir dié organisasie se Trooskombersieprojek te skenk.

Kinders wat in pleeghuise is, se name gaan op dié kombersies borduur word sodat die kind dan waarheen hy of sy gaan, dit kan saamneem.

“Ons wil graag vir elke kind iets gee sodat hulle kan weet dit is hulle sin en dit is iets waaraan hulle kan vashou en wat bietjie vertroosting kan bring,” het Tracey van Wyk, voorsitter van die ATKV se Kosmosrand-tak gesê.

Sy het die eienaar van die Jenesaisquoi Modelkool, Launa Jansen van Vuuren, vir die kombersies bedank.

As jy by dié projek of die ATKV betrokke wil raak, skakel Van Wyk by 074 103 6381.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

Related Articles

Back to top button