Local newsLocal sportNews

Rugbyklub op Secunda beloon hul bestes

Anwar Fillis, die klubkaptein, het die meeste punte aangeteken in die jaar en ook die meeste driee gedruk.

Die Sasol Grip & Rip Rugbyklub het hul uitblinkers vir die 2023 seisoen op ’n spoggeleentheid op 24 November beloon.

PJ van Zyl is die eerste span se speler van die jaar, Keletso Mofokeng is die tweedes se speler van die jaar en Wynand Venter is die spelers se speler van die jaar.

Wynand Schoeman is met die Heart-trofee beloon. Dié trofee word toegeken aan die speler wat die klub se waardes uitgeleef het.(Humility, Excellence, Animal heart, Responsibility en Team first.)

Die eerste span-kaptein, Anwar Fillis, is die man wat vanjaar die meeste punte vir Sasol Rugbyklub aangeteken het, selfs al was sy kakebeen gekraak kort voor die Mpumalanga Premiersliga-eindstryd en het hy ’n paar wedstryde uitgesit.


Hansie Olifant ontvang sy ere-erkenning van Anwar Fillis, klubkaptein.

Dié buitesenter het ook die toekenning vir die speler wat die meeste drieë gedruk het, ontvang. Hy is ook as die beste agterspeler aangewys en het saam met Theuns Kruger die trofee vir die beste kombinasie gedeel.

Ronnie Tshabalala wat verlede jaar nog in matriek was, is as die nuweling van die jaar bekroon. Pieter van Niekerk het die toekenning vir die mees aanvallende speler verower.

Hy deel ook die trofee vir die mees veelsydige speler met Rudolf Pretorius. Steven Mofokeng het die beste vordering getoon.

Hy het ook die trofee gekry vir die beste beste sportmanskap. Johan Kruger het die Dieseltrofee vir die beste uithouvermoë ontvang.


Pieter van Niekerk is met die trofee vir mees aanvallende speler aangewys. Hier ontvang hy die trofee van Lodewyk Uys.

Die ander spesiale toekennings het gegaan aan Lumé Brits vir bestuurlid van die jaar, Sheldon Brierley vir ondersteuner van die jaar, André Schwab vir verdienstelikheid en Kyle Howard en Wynand Venter wat as die ‘strontmakers van die jaar’ aangewys.

Schwab is ook as die klubman van die jaar aangewys. Werno Smit het die prys ontvang vir geesbouer van die jaar.

Die ander pryse wat vir die eerste span uitgedeel is, is beste verdediger wat aan Theuns Kruger oorhadig is en Dwayne Lake is as beste voorspeler aangewys asook die speler wat die tweede meeste drieë gedruk het.

Vir die tweede span is JP Roarty as die voorspeler van die jaar aangewys. Tshabalala het die prys vir die beste agterspeler ontvang en die toekenning vir die beste verdediging met Rudolf Pretorius gedeel.


Ronnie Tshabalala en Rudolf Pretorius deel die trofee as die tweede span se beste verdediger. In die middel is afrigter William Pretorius.

Die klub het vanjaar ‘n paar mense uitgesonder wat deel van hul ‘Hall of Fame’ uitmaak. Vanjaar se toevoeging is Attie en Mariette Kruger, Ockert Stoop, Hansie Olifant, voormalige afrigter Werner Joubert en Jacobus Byleveldt, ’n speler wat in 2020 in ’n skietongeluk dood is.

Ruben Byleveldt het die toekenning namens sy broer ontvang. André Wittstock, aka Popeye, is met ‘n eretoekenning verras toe Loffie Eloff, bekende Suid-Afrikaanse afrigter wat onlangs sy gewig by die Sasol Rugbyklub ingegooi het, ’n geraamde trui aan hom oorhandig het.

Wittstock het reeds 119 wedstryde vir Sasol gespeel. Eloff het in ’n kort toespraak gese hy het die potensiaal in Sasol raakgesien en die energie en geloof van hul leiers laat hom besef dat die span het iets spesiaal.

Hy het gese daar is niks lekkerder as om te sien hoe die ‘underdog’ die ‘top dog’ word nie.

“Ek sien uit na hierdie projek,” het Eloff gesê.


Related Articles

Back to top button